Home | About Us | FAQ | Locate a Clinic | Contact Us
SureSlim Africa  •  Call Centre   0861 000 100
join our facebook group
 Weight Loss Success Stories | How SureSlim Works | Long Distance Program | Medical Info | Health Tips | Recipe Book | Medical Aids

Gewigsverlies Sukses Stories - Anuschka

Anuschka het 20kg verloor in 5 maande
“Ek het nou baie meer energie”  

Anuschka - Gewigsverlies - voorAnuschka -                                                 gewigsverlies - NaEk het op skool al begin gewig optel maar my groot probleem het begin toe ek begin studeer het. Ek studeer ingenieurswese so ek was meestal van 8 uur in die oggend tot 5 uur in die middag op fakulteit en as ek by die huis kom dan begin ek weer te leer vir die volgende dag. Dus het ek min oefening gekry en baie swak eetgewoontes ontwikkel. Ek het nooit ontbyt geëet nie en gewoontlik vir die eerste keer in die dag geëet as ek terug kom van fakulteit af. En dan was dit natuurlik “instant energy” tipe kosse wat ek lank kan hou of kan vries soos pasta.

Ek het toe aangesluit by SureSlim en in 5 maande 20 kilogram verloor. Ek het gegaan van ’n groote 38 of 40 na ’n grootte 34 en het 2 “cup-sizes” verloor. Ek het nou baie meer energie en selfvertroue. Behalwe vir my gewigsprobleme het ek ook nog altyd gesukkel met ekseem en stres-verwante velprobleme. Vandat ek op die SureSlim Quick loss program is, is dit baie beter.

Ek was aan die begin baie skepties omdat ek nie daarvan hou om heeltyd dieselfde goed te eet en my kos te moet afweeg nie, maar die program was glad nie wat ek verwag het nie. Daar was ’n groot verskeidenheid van kosse wat ek mag eet en die ondersteuning van die konsultante het my baie gehelp en gemotiveerd gehou.

Return to the main page for more weight loss success stories