Diriesa het 15 kg binne 3 maande verloor
“Sureslim het my lewe drasties verander”
Ek is 32 jaar oud en het na die geboorte van my tweede kind gesukkel met my gewig.Ek was gewoond daaraan om in 'n nommer 10 te kom en ewe skielik moes ek ruimte maak vir 'n nommer 14. Dit was 'n groot skok vir my en natuurlik neerdrukkend.
Die lyf wat ek geken het was weg. Ek het toe besluit om teen my sin te begin oefening doen. Oefening en moeg raak is nou nie juis my sterk punt nie. Maar ek het geweet ek moes iets doen. 7 Maande later met al die ge-oefen het ek geen gewig verloor nie, want hoe harder ek oefen hoe harder het ek geëet.
Op 18 November 2009 het ek besluit genoeg is genoeg. Ek kan beheer neem oor my lewe. Dis NET 'n wilsbesluit wat tussen my en die nommer 10 groote staan. Ek het daardie oggend Sureslim ingestap en is met soveel deernis en warmte ontvang en hulle het boonop nog soveel hoop vir my gegee en gesê ek kan en gaan my doelgewig van 55kg bereik. Toe moes ek op die skaal klim,iets waarvan geen vrou hou nie. Ek weeg toe 67.2kg.
Ek is dadelik op die Quickloss program gesit en met die hulp van my Hemelse Vader en die goeie eet program van Sure Slim met al hulle motivering, het die kilos een na die ander begin om my lewe te verlaat. Ek was so gemotiveerd dat ek nie eers oor die Kersseisoen van my Quickloss program afgewyk het nie.
In my eerste week op die program het ek 2.4kg verloor, tot my verbasing.
Drie maande later, op 11 Maart 2010, toe ek weer op die skaal klim is ek ONDER my doelgewig. Ek weeg toe 54.7kg. Ek is baie trots op myself vandag.
Ek voel goed, kan gaan klere aanpas in winkels sonder om bang te wees vir 'n spieël. My huismense kan weer huishou met my want ek is nie meer knorrig oor my gewig nie, want ek het ook nie lekker gevoel nie. Niks het meer gepas nie. Ek moet nou net gewoond raak aan die nommer 8 want my kop sê nog vir my ek moet 'n nommer 14 van die rak afhaal.
"My head is still spinning. I stand in unbelief and amazement. I've made it."
As ek julle kan bemoedig met die volgende woorde "MAER PROE BETER" as die stuk koek en hamburger.
Ek kan almal aanmoedig om by Sure Slim aan te sluit. Geen pille of inspuitings word gebruik nie. Die kos is regtig lekker en smaakvol. Sure Slim leer jou om gesond te eet. Dit is 'n Wellness Clinic.
Dankie Sure Slim vir al die aanmoediging en julle vertroue en my toe ek nie gedink het ek 15kg binne 3maande sou kon verloor nie.
ONTHOU: MAER PROE BETER
Return to the main page for more weight loss success stories
|