SureSlim Africa • Call Centre  0861 000 100 
Home | About Us | Medical Info | Health Tips | Success is Measurable | FAQ's | Contact Us

Gewigsverlies Sukses Stories - Rae

Rae het 16 kg  verloor
“Ek voel gesond, lewenslustig en aantreklik”  

Diriesa - Gewigsverlies - voor“Ek was nie eintlik oorgewig nie, of altans so het ek myself wysgemaak. Intussen het die klere in my kasRae - gewigsverlies - na wat nog redelik gemaklik gesit het en wat die rolle en bulte ietwat kon verberg, al minder geword. Steeds het ek nie die rooiligte sien flikker nie. Ek het wel wye draaie om die skaal geloop; terugskouend seker deel van die ontkenning dat ek eintlik vet geword het – en was. En toe gaan ons op ‘n heerlike lang vakansie, neem talle foto’s en ai tog, ek kon my oë nie glo nie. Erger nog, ‘n kamera jok nie…………………….

Teen dié tyd het ek al geweet dat kitsdiëte en al die ander wat ek nie eers by name wil noem nie en deur die jare probeer het, slegs uiteindelik net nog meer kilogramme opstapel. In dié tyd val my oog bloot toevallig op ‘n SureSlim advertensie in ons plaaslike koerant; ek het dit nogal met aandag deurgelees en net daar ‘n afspraak met Ansie (Somerset Wes kliniek) gemaak – en die res is geskiedenis.

My na-die-tyd foto spreek duidelik boekdele en wys wat ek bereik het. SureSlim het my geleer dat ongesonde kosse, uithonger, maaltye oorslaan en baie ander sondes fataal is. Met die SureSlim benadering tot gewigsverlies het ek 16kg verloor en dit het my lewenstyl geword, want ek behou my ideale gewig moeiteloos. Ek voel gesond, lewenslustig en aantreklik – dankie SureSlim, dit werk!!!!!

Return to the main page for more weight loss success stories