Karin het 12,3kg in 4 maande verloor
“Ek het meer selfvertroue”
Ek het nooit met my gewig gesukkel nie, totdat ek aan depressie gely het weens die afsterwe van my twee terminaal siek kinders. Ek het ‘n emosionele eter geraak. Ek het nie meer om gegee oor my voorkoms nie en het dus nie opgelet dat ek gewig opgetel het nie. Ek het wel groter klere gekoop, maar nie omgegee nie, want niks het meer saak gemaak nie. So het dit vir 15 jaar aangegaan. Ek het wel probeer om gewig te verloor op my eie, maar sonder sukses.
Gedurende Januarie het ek vakansie foto’s van myself gesien en toe eers besef hoeveel gewig ek eintlik opgetel het. Ek is nie een van daardie mense wat myself elke dag weeg nie! Ek het gewik en geweeg om by ‘n gimnasium aan te sluit of op ‘n dieet te gaan. Ek het besluit om by Sure Slim aan te sluit aangesien ek nie baie lief is vir oefening nie, en ek geweet het die gimnasium sou nie op die lange duur vir my werk nie. Ek wou nie pille of wonder drankies gebruik nie, aangesien ek aan hoë bloeddruk lei en nie my gesondheid verder wou benadeel nie.
Ek het in ‘n tydskrif van Sure Slim gelees en gehou van die feit dat ‘n bloed toets deur die pataloë geanaliseer en ‘n spesifieke dieët vir jou uitwerk word na aanleiding van jou bloedtoets uitslae. Ek het verwag dat my uitslae sou toon dat ek cholestrol het, maar was geskok om uit te vind dat my suiker telling hoog was! Indien ek aangegaan het soos wat ek aangegaan het was my kans om diabetes te ontwikkel baie goed. Ek het met die program begin en dit was werklik nie so moeilik nie. Ek het baie erger verwag. Ek moes egter daaraan gewoond raak om suiker heeltemal uit te sny, net elke 5 ure te eet en water drink. ‘n Mens raak egter gou daaraan gewoond!
Ek het nie nodig gehad om spesiale kosse te koop nie en het net geleer wat akkodeer met my liggaam en wat nie. Ek het ook geleer om gesonder keuses te maak. Ek het gesukkel met ‘n opgeblase gevoel, hardlywigheid en ‘n spastiese dikderm. Dit is alles iets van die verlede! Alles te danke weens die dieët. Ek het geen medikasie geneem nie. My suikervlak was na 4 weke normaal en my cholestrolvlak na 12 weke.
Mense het begin agter kom dat ek gewig verloor en my gekomplimenteer. Dit het my net verder aangespoor. Die ondersteuning by Sure Slim was fantasties! ‘n Mens moet self besluit ek het ‘n probleem en ek wil werk daarvan maak. Jy moet dit vir jouself doen en vir niemand anders nie. Ek het dit vir myself gedoen en vir my gesondheid. Jy moet ook besef dat hierdie ‘n leefwyse is en dat jy nie weer terug kan gaan na jou ou gewoontes nie.
My selfbeeld is terug, ek het meer selfvertroue, het hope energie en geniet dit om weer klere te koop en myself mooi te maak. Ek het 12.3 kg in 4 mde verloor. Ek het van ‘n nommer 38 na ‘n 34 gekrimp. Ek is trots op myself. Niks kan die gevoel beskryf van self tevredenheid nie. As ek dit kon doen kan jy ook.
Return to the main page for more weight loss success stories
|