SureSlim Africa • Call Centre  0861 000 100 
Home | About Us | Medical Info | Health Tips | Success is Measurable | FAQ's | Contact Us

Gewigsverlies Sukses Stories - Marlize

Marlize verloor 16kg in 6 maande
“Dit was die begin van ‘n nuwe ek!” 

Ek het nie meer gehou van die beeld in die spieĆ«l wat ek elke dag in moes vaskyk nie…al wat deur my kop gegaan het is “kyk hoe lyk jy, kyk hoe vet is jy!” Dit was nie meer lekker om klere te koop nie.  Dit was nie meer lekker om uit te gaan nie, dit was altyd ‘n storie van wat gaan ek aantrek wat my nie so vet gaan laat lyk nie…wat sal die vetrolle minder opsigtelik laat lyk.

Ek het eendag net besluit tot hiertoe en nie verder nie, ‘n vriendin van my het my vertel van Sureslim.  Ek het op die website gaan loer, my eerste konsultasie geboek, en van daaraf het ek nog nooit weer teruggekyk nie.

 
Dit was die begin van ‘n nuwe ek!  Geen pille of inspuitings of tower doepas nie, net ‘n gesonde lewenstyl. ‘n Hollistiese benadering tot gewigsverlies wat werk.

Ek voel fantasties!  Dis weer lekker om die winkels in te vaar en te weet jy sal goed lyk in enige iets.

Dankie Sureslim vir my transformasie!  Dankie Mandy vir al jou raad en ondersteuning!

Return to the main page for more weight loss success stories