SureSlim Africa • Call Centre  0861 000 100 
Home | About Us | Medical Info | Health Tips | Success is Measurable | FAQ's | Contact Us

Gewigsverlies Sukses Stories - Mimi

Mimi het 15,7 kg verloor binne 10 weke
“Dit is maklik!”  

My inspirasie: Om ander te inspireer.

By Sureslim is die eet reg plan wat jy vir die res van jou lewe moet volg, sommer baie lekker, ek word nooit honger nie en eet oorgenoeg. My konsultant by die Durbanville Tak het gesê dit gaan moeilik wees aan die begin, wat waar is, maar juis daarom het ek my gestaal daarteen en besluit ek gaan “nee sê” vir versoekings. Ek is na verskeie funksies genooi en het net die regte kos gekies wat toelaatbaar was, as ek onseker was het ek eers by die huis klaar geëet en dan uitgegaan, dan kan ek lekker ontspan en water en koffie en tee drink sonder om heeltyd te wonder oor die kos en skuldgevoelens.

Ek voel wonderlik. By die Pilates klasse kan ek nou vir die eerste keer regtig met my kop op my knieë bykom, voorheen was daar iets in die pad, dalk maag vleis/vet? Verlede Saterdag by `n dans het `n kennis gesê sy het gewonder wie die jong vroutjie is met wie my Broer dans, en toe lag sy baie lekker, toe sy kom groet en sien dat dit ek is, sy het my erken nie. Wat 'n lieflike pluimpie.

 Die kos is baie en smaaklik. Dis belangrik dat jy vooruit beplan en maak die kos interessant. In ons yskas is net gesonde kos, en ek daag enigiemand met trots uit om die verskeidenheid groente te kom kyk. Ek sorg dat ek ten minste 5 kleure en soorte groente het. Die beste van alles is dat in ons huidige ekonomiese toestand, waarop almal heeldag hamer, is die kos werklik goedkoop in die keuses wat ek maak, ook in vergelyking met ander eet planne wat ek al probeer volg het, om van kitskos met vet, suiker en stysel nie eens te praat nie.

Mense by my werk kom spesiaal om te kyk hoe my kos vandag lyk, want mensig dit is so smaaklik en mooi en dan gebruik ek nog die pampoenpitte en sade met Sureslim se omega olie en almal is verstom en eintlik jaloers dat my kos so lekker en gesond is, terwyl hulle broodjies en ander wegneemkos eet.

Ek het 15.7 kg verloor binne 2 en ½ maande en ek geniet dit, so ek is glad nie van plan om nou te stop nie. My lewe voel na kwaliteit en ek hoef nooit te wonder waarheen nou nie.

My man is ook mal oor die nuwe ek, hy sê ek eet myself maer, want hy het nog nooit gesien dat ek so baie kos kan eet en dan so maer kan word nie. Die van u wat gesinne het wat meer wil eet, ek maak vir my man of vriende wanneer ons onthaal nog steeds ander bykosse. Nagereg en voorgereg. My geheim is dat ek altyd `n groot mengelslaai maak, ek eet dan dieselfde vleis/vis as die ander mense, maar skep vir my net mengelslaai in met my sade en olie, en geniet die ete net soveel soos al die ander en voel agterna beter as enige van die ander.

Ek erken dat ek verslaaf is aan kos, dis my siekte, en soos enige verslawing moes ek besluit ek gaan 'n keuse maak om te breek met die verslawing of ek gaan net so ʼn  bietjie breek met die verslawing. Ek het besluit om heeltemal te breek met die verslawing. Jy kan ook met Sureslim se hulp. Sonder hulle sou ek dit nie kon doen nie, glo my, ek het vele pogings aangewend wat onsuksesvol was voordat ek by Sureslim aangesluit het. My liewe oorgewig vriend/vriendin, net tussen ons gesê as jy nie voluit gaan nie, mors jy jou geld, jou moraal en die Sureslim dame se tyd en moraal. Dus, gaan voluit!

N.S.  Ek het vir my beste vriendin (wat oorgewig is) gevra om die stuk te proeflees, toe sê sy alles klink reg, maar ek laat dit net te maklik klink. Weet jy wat.........Dit is maklik!

SureSlim Gediggie

Sureslim is tops, en as jy wil flop
Maak net sop en los maar die ekstra tjop
Gooi daai hoender in die pan
Eet baie blare, want jy kan

Vir seker word jy dun,
Die komplimente stroom nou in
Sureslim Dames staan jou by
Tot na jy jou doelgewig kry

Dan is dit nog nie klaar
Voor jy jou gewaar
Speel jy met die vetselle klaar

Sluit dus vandag nog aan en laat die verkeerde gewoontes staan.

Return to the main page for more weight loss success stories